Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  16 Mei 2015

 

Die jaarlikse Kunste en Handvlyt vergadering is na die opening afgeskop met ‘n toneel, naamlik “Praat is afdraand…”  Die stuk is op versoek deur ‘n VLV-lid geskryf en deur die ACVV Dienssentrum se lede opgevoer. Dit het gehandel oor drankmisbruik en hoe dit mense se lewens kan verwoes.

 

 

Na die opvoering is tee en verversings saam met die “akteurs” geniet  en dit was ook goeie skakeling tussen die VLV en ACVV.

 

 

Daarna is meer vertel oor Pieter W Grobbelaar (skrywer) en Gawie Cronje (skilder). Eersgenoemde  was bekend vir sy kinderboeke en volksverhale. Cronje het onder andere aan die Royal Academy of Art in Londen studeer en ook later geleer om met die palet te skilder. Hy het veral gespesialiseer in Bolandse tonele. Albei hierdie persone is saam met die Victoria-Wes VLV-tak in 1930 “gebore.”

 

 

Oulike en goedkoop idees vir geskenkies is ook aan die dames gewys.

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

Van die hoofrolspelers in die toneel:  Geraldo, Betsie en Dora