Sirkel: Tygerberg
Tak: Welgemoed
Portefeulje: Potpouri
Beriggewer: Wanda Cronje
Datum: 15 Mei 2015
Die VLV Welgemoed tak is op die oomblik redelik dun gesaai by vergaderings. Daar is gelukkig goeie redes daarvoor,en die lede deel graag ‘n fotoblik van waar almal rondkuier.
Tuala Vorster kuier by haar kinders in Australië. Sy hou ons op hoogte en jaloers met mooi foto’s en staaltjies oor haar ondervindinge “down under”. Sy kuier onder andere by hulle “VLV” en kry sommer ‘n speldjie.
Henna Verster kuier al ‘n rukkie in die Oos-Kaap, en stuur foto’s uit St Francis Baai en Addo Park.
Marthie Van Rensburg kuier saam met haar kinders by Spice Route, en Laura Muller pendel tussen Hermanus en die Karoo plaas.
Amrita Voigt was vir haar verjaarsdag in Duitsland en het darem haar wedervaringe kom deel by die vergadering.
Die wat met Jan Tuisbly se karretjie ry, sit egter glad nie op hulle louere nie. Kyk hoe mooi is die uitsig vanaf die ‘boomslang’ by Kirstenbosch Botaniese Tuine,en kyk hoe hou die lede Griekse partytjie by ‘n sirkel-funksie.
Net vir ‘n bietjie hitte op hierdie triestige dag, is daar ook ‘n besoek aan ‘n kuipery en brandewyn kelder.
Soos Olga Burger terloops opgemerk het…”wie maak vir Welgemoed lekker,wie maak vir Welgemoed lekker,lekker,lekker…”
Leave A Comment