Tak:  Piketberg

Sirkel:  Weskus

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Riana Richter

Datum: 14 Mei 2015

 

IMG_4894b

Op die foto verskyn VLV lede saam met die sprekers van Bergrivier Munisipaliteit. Van links is Michelé Ziervogel, sameroeper van die byeenkoms, Hendrik Krőhn, Direkteur Tegniese Dienste,  Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder, Nicoline Brown, VLV voorsitter en Rassie Bothma, streeksingenieur.

 

 

Tydens ‘n besoek van die Munisipale Bestuurder en senior amptenare van Bergrivier Munisipaliteit aan VLV Piketberg, is dames o.a. ingelig oor die noodsaaklikheid van herwinning, wat  en hoe om te herwin en waarvoor elk van die swart, groen en deurskynende sakke aangewend moet word ten einde dit vir almal makliker te maak en ook op vullisverwyderingskoste te bespaar.

 

Die volgende is herwinbaar:  Karton, papier, glas, aluminium, foelie, skuifspelde, krammetjies, drukspykers, spuitblikke (met etiket aangelos), blikke, metaaldeksels, plastiekhouers van skoonmaakmiddels en plastiekkoshouers.  Alle houers moet uitgespoel en droog wees.  Proppe moet verwyder word en blikke, plastiekhouers en kartondose moet platgedruk of –getrap word.

 

Die volgende is nie-herwinbaar:  Waspapier, tetrapakke (soos melk en saphouers), deurslagpapier, plakkers, ponskonfetti, riembinders, kleefplastiek,die plastiek waarmee toiletpapierrolle en bierblikke toegedraai is (bv. “6 pack wrap”).

 

Dis belangrik dat inligting aan huishulpe oorgedra word.

 

Herwinning moet deel uitmaak van ons leefstyl.

 

Die dames se kreatiwiteit is op die spel geplaas toe aan elkeen ‘n swart, groen en deurskynende sak uitgedeel is en elkeen binne enkele minute ‘n uitrusting van die drie sakke moes skep.

 

 

WP_20150514_10_25_36_Pro__highres

Die wenner, Moira van der Westhuizen met haar interessante skepping wat binne enkele minute uit die 3 sakke prakseer moes word, by Munisipale bestuurder, Hanlie Linde.