Sirkel:  Overberg

Tak:  Hermanus

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Diana Lambrechts

Datum:   13 Mei 2015

 

 

Hermanus 2         Al die hoede

 

Kunste en Handvlyt onder leiding van Berta Koekemoer het die dames verras met ‘n heerlike saamwerk en deelname vergadering.  Lede is vooraf in kennis gestel dat almal ‘n tuisgemaakte hoed moet dra en ‘n skêr, potlood en nat lappie moet saambring vir ‘n interaktiewe vergadering.

 

 

Die vergadering het begin met ‘n klavierduet, “Die Digter en Boer van Suppe”, uitgevoer deur Hannie van Wyk en Dalene Grobler.  Daarna het Petro Lötter die “Glimlag” voorgelees.  Nelmarie Theron het haar skootrekenaar gebring en nadat sy ‘n paar voordele van die rekenaar gedeel het speel sy, deur middel van “You Tube”, Sonja Herholdt en haar seun Simon se lied “Ons vlieg saam” ter ere van Moedersmaand.

 

 

Na al hierdie lekker luister ontvang elke lid ‘n verrassingspakkie gevul met verskeie kunshandwerk artikels. Almal moes hulle kreatiewe brein inspan en ‘n artikel maak uit die inhoud van haar sakkie.

 

 

Hermanus 4   Almal aan die werk

 

 

Daar het die mooiste boekmerke, kaartjies, fotoraampies en nog vele meer uitgekom.

 

 

Almal het heerlik saamgewerk en toe was daar die be-oordeling van die mooiste hoed en van die kunswerk. Die wenners het elkeen ‘n heerlike tuisgebakte koek ontvang en almal wat deelgeneem het, het ‘n stafie karamel fudge ontvang.

 

 

Hermanus 1 Marktafel

 

 

In die onthaalarea was daar ‘n marktafel met vars groente van die plaas sowel as tuisgebakte produkte.

 

 

Hermanus 3   Teetafel

 

 

Die teetafel, deur Landbou voorberei, was oorlaai met fyn gebak, komkommer-toebroodjies en selfs sjampanje.

 

 

Beslis ‘n vergadering om te onthou.