Sirkel: Weskus
Tak: Hopefield
Portefeulje: Naaldwerk
Beriggewer: Elna Slabber
Datum: 13 Mei 2015
Estelle du Plessis, sirkelvoorsitter, was die gasspreker met die tak 85ste verjaardag. Sy het die lede se oë oopgemaak met ‘n oorgrootte bril om meer positiewe dinge raak te sien, veral in die VLV. Sy het met ‘n kroon op haar kop die lede weereens laat besef dat hulle koningskinders is.
Die tak het hulle 85ste verjaardag vervier met ‘n koek gebak deur Anna Wittstock en haar dogter Christelle. By hulle is Annatjie Coetzee die huidige voorsitter.
Elke portefeulje het ‘n prag uitstalling gehou met die tema Van-Toeka-tot-Nou. Hier sien die dames die Sarie Marais vanaf 1952 tot die nuutste een asook geraamde naaldwerkartikels.
Anna Maraia, Elsa Teubes, Rita van Zyl en Jessie Basson (nuwe lid) was teenwoordig vir die verjaardagpartytjie.
Anita Cloete (sekretaris), Estelle du Plessis (gasspreker en sirkelvoorsitter), Suzette Hougaard (oud-voorsitter) en Marina Maas (ywerige oud-lid) het saam gekuier.
Leave A Comment