Sirkel:               Middelland

Tak:                  Aberdeen

Portefeulje:        Gesondheid

Beriggewer:       Lea van der Vyver

Datum:             13 Mei 2015

 

 

VLV 13 Mei 2015 (Custom)

Lea van der Vyver (Voorsitter), Ilse Janse van Rensburg, Stephanie van Zyl (Sameroeper: Gesondheid)

 

Op Woensdag, 13 Mei 2015, vergader Aberdeen VLV in die klubsaal op dié dorp ten spyte van ‘n voorval met gewapende rowers op die plaas van die voorsitter, Lea van der Vyver, op Maandag 11 Mei 2015.  Die vergadering open met ‘n bespreking van gebeure, aangesien veiligheid in jou eie huis ‘n kwessie is wat almal na aan die hart lê.  Lea doen ook ‘n getuienis wat fokus op die genade en beskerming van God se Hand in die gebeure wat afgespeel het.  Dit word beklemtoon dat God in beheer is en vir ons Sy vrede gee, selfs te midde van ‘n krisis.  Volgens Efesiërs 6 kan ons staan teen die aanslae van die bose deur die wapenrusting van God aan te trek.  Hy gee ons ook wysheid om met moeilike omstandighede te deel as ons Hom eerste plaas in ons lewens en op Hom vertrou.

 

Die hoofpraatjie van die dag word gedoen deur Ilse Janse van Rensburg, wat as Arbeidsterapeut praktiseer het voordat sy haar kinders gehad het.  Sy gee agtergrond oor wat presies Arbeidsterapie is en die geskiedenis daarvan.  Sy bespreek die verskillende groepe vermoëns wat ‘n persoon moet hê om normaal te funksioneer  Daarna fokus sy op die samestelling en werking van die hand en hoe wonderlik dit geskape is.  Lede vra deurentyd vrae en neem deel aan die bespreking.

 

Trekking (Custom)

Jean Watermeyer, Stephanie van Zyl

 

Die gelukkige lootjie van die dag word gewen deur Jean Watermeyer en Stephanie van Zyl oorhandig die pakkie, naamlik ‘n noodhulptassie.  Sy oorhandig ook ‘n verjaarsdaggeskenk aan Lea van der Vyver.

 

Verjaarsdag (Custom)

Lea van der Vyver, Stephanie van Zyl