Sirkel: Kimberley en distrik

Tak:  Douglas

Portefeulje:  Geen – Blomme

Beriggewer:   Hanneke Botha

Datum:  12 Mei 2015

 

 

Foto 1 (Custom)

 

Douglas VLV het die seldsame voorreg gehad om vir Melana Moller, vorige Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes, by hulle te hê vir ‘n hele middag. Sy het vir die lede gewys hoe maklik dit is om ‘n rangskikking bymekaar te sit deur hoofsaaklik gebruik te maak van alledaagse goed wat ‘n mens droog, bv. mieliestronke, peule, doppe, sade en nog meer, asook goed wat uit jou eie tuin kom. Blomrangskikkings hoef nie duur te wees nie!

 

Foto 3 (Custom)                                                               Foto 2 (Custom)

 

 

Melana glo dat blomme ‘n voorreg en ‘n geskenk is wat God aan ons gee, daarom moet ons met die regte gesindheid en dankbaarheid daarmee werk.

 

Foto 4 (Custom)

 

 

Die dames het dit baie geniet om na haar te kyk en te luister en sy het ook kosbare wenke met hulle gedeel. Baie dankie Melana!