Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Sirkelfondsinsameling – Pik En Proe Aand

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  8 Mei 2015

 

 

Op Vrydag 8 Mei was Kuilsrivier deel van Sirkel Tygerberg se Pik en Proe aand.  Elke tak moes ‘n land voorstel en Kuilsriver moes ‘n Portugese gedaanteverwisseling ondergaan.  Die dames het hulle so na as moontlik in Portugese drag getooi met swart rompe, kopdoeke, tjalies en tradisionele Portugese voorskootjies.

 

 

Die stalletjie is versier met prente van Portugese landskappe en tradisionele dansers en Fado sangers.    ‘n Pragtige hout hoenderhaan, wat kenmerkend van Portugal is, het die tafel versier.

 

 

DSC05112

Die bedieners was Marlene Lotz, Suretha Joubert en Elmine Möller.  Lyk hulle nie tipies soos Portugese ‘senhoras’ nie?

 

 

DSC05133

Die tipiese Portugese gereg wat bedien is, was hoender peri-peri, waarvan die gaste sommer ‘n tweede porsie kom skep het.

 

 

DSC05132

Dit was ‘n heerlike gesellige kuieraand en almal het dit terdeë geniet.