Sirkel: Overberg
Tak: Caledon
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Yvonne Pretorius
Datum: 7 Mei 2015
Liza Visagie en haar Leefstyl span, bestaande uit Irene Marias, Sanna Booi en Toeks Matthee, besluit om die vergadering aan huis van Liza aan te bied. Dit het gesorg vir ‘n baie gesellig middag. Die tema was “Wat kan ons doen sonder elektrisiteit”.
Irene Marais het gedemonstreer hoe om ‘n hoeder te stop waarna die hoender, tesame met hoender sosaties, in die ketelbraaier gebraai was vir sowat een uur. Daar was ook ‘n brood gebak deur die brood eers te laat rys in die sonoond en daarna in ‘n toe kastrol binne in die ketelbraaier gebak was. Verder het hulle ook mielies en patats toegedraai in foelie en weerskante van die hoender geplaas in die ketelbraaier.
Irene Marais het verskeie idees vir die dames gegee onder andere die maak van ‘n roos met fyn gesnyde aartappel velletjies, die sny van ‘n rooi ui sodat dit met die bak oopval soos ‘n blom asook die dun skilletjie van die tamatie wat as rosie gevou word. Sy het ook drie verskillende idees gegee om bietjie kleur aan die bord te bring tesame met ‘n kolwyntjie. ‘n Strepie kondensmelk, ‘n strepie sjokolade en ‘n strepie aarbei stroop word langs mekaar getrek. Daar word dan dan liggies met ‘n
tandestokkie ‘n strepie deur al drie rye getrek om sodoende verskillende patrone in die strope te maak wat dan weer die bord baie meer aanloklik laat lyk.
Irene Marais het ‘n appel geneem en hier gekerf en daar gesny om uiteindelik ‘n swan te vorm wat goed sal pas by ‘n kinderpartytjie of
doop geleentheid.
Die brood het gerys in die sonoond en later moes die kos hierin warm gehou.
‘n Paar van die dames wat aandagtig geluister het na Irene en Liza se idees.
Liza Visagie, Leefstyl Voorsitter bedank en oorhandig ‘n geskenkie aan Retha Skein, Caledon Tak Voorsitter vir alles wat sy al oor
die jare vir die Caledon VLV tak gedoen het.
Liza het ‘n uitstalling gedoen met Idees hoe om warm te bly sonder Eskom krag. Bedsokkies, serpe, skaapvelletjie om op te slaap,
donskombers en sybokhaarkombers help alles vir die koue.
Na afloop van die vergadering en die demonstrasies kon die dames heerlik smul aan al hierdie baie lekker kos.
Leave A Comment