Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Panorama

Portefeulje:  Landbou & Tuinbou

Beriggewer:  Darena Anderson

Datum:  7 Mei 2015

 

 

003 (Custom)

 

Jody Kohn van Kleine Zorgen, ‘n groenteplaas by Phillipi, het die lede kom toespreek oor die produksie van groente.  Hy het meer vertel van die daaglikse beplanning, uitdagings soos diefstal en die negatiewe uitwerking van alkoholmisbruik van die werkers en hoe weerstoestande die boerdery beïnvloed.

 

 

006 (Custom)

 

Die dames het ook gehoor van die verskillende soorte gewasse, gifstowwe wat gebruik word, bemesting en die verspreiding van die produkte.

 

 

004 (Custom)

 

Daar is ook ‘n winkeltjie op die plaas waar die publiek vars groente kan koop.  Die lede het dit baie interessant gevind.