Sirkel: Worcester

Tak:  Maria Stofberg

Portefeulje:  Landbou

Beriggewer:  Alta Britz

Datum:  7 Mei 2015

 

 

 

Heidi Nieuwoudt, van die Breede-Overberg-Gouritz  Opvanggebied Bestuurspan, ‘n agentskap van Departement van Waterwese, het baie interessant gepraat oor “ Die nut van Vleilande”.

 

Wat is Vleilande? Vleilande is waterdeurdrenkte plekke waar water en grond bymekaar kom en meng.  Vleilande is   belangrik vir waterbestuur, wat weer belangrik is vir ons oorlewing.  Ongelukkig is meer as 50% van Suid-Afrika se vleilande reeds, weens swak grondbestuur, verwoes.  Dit beteken dat daar minder skoon water beskikbaar is.

 

 

Vleilande is die mees bedreigde ekosisteme in die wêreld.  Dit is as gevolg van:

  • Oormatige dreinering;
  • Die omskakeling van vleilande vir stedelike en industriële ontwikkeling;
  • Infrastruktuur (paaie en brue)
  • Landbou en damme;
  • Besoedeling en
  • Die oorbenutting van die goedere en dienste wat hulle lewer.

 

 

Hettie Stander gee inligting t.o.v. die Blou Kraanvoël – Voël van die Jaar.

 

Van die 15 verskillende kraanvoëls is die bloukraanvoël die ylste versprei. Alhoewel hulle in hulle  historiese gebiede algemeen voorgekom het en die bevolking tussen 10 000 en 20 000 was, het daar sedert 1980 ‘n skielike afname in hulle getalle plaasgevind, en hulle word tans as ‘n kwesbare spesie geklassifiseer.

Die hoofoorsaak vir die drastiese afname van bloukraanvoël getalle in Suid-Afrika word toegeskryf aan die land se bevolkingsgroei, die aanplantings van plantasies op grasvelde, die gebruik van      gifstowwe in landbou en die gebruik of misbruik van gifstowwe wat vir ander spesies uitgesit word.

Die Suid-Afrikaanse regering beskerm die bloukraanvoël deur wetgewing. Ander bewaringsmetodes soos opleiding, navorsing, omgewingsbestuur en die werwing van hulp deur private grondeienaars, word ook aangewend.

 

 

Mei 002

Heidi Nieuwoudt en Hettie Stander (Voorsitter)

 

 

Mei 001

Hettie Stander oorhandig die Trofee vir Hekelwerk,   aan Tersia Hayman. Tersia se gehekelde baadjie was die wenner by die Sirkelkonferensie.