Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum:  6 Mei 2015

 

 

Chrizanne Kemp b

 

Chrizanne Kemp, ‘n verteenwoordiger van MNI (Medical Nutritional Institute), het die lede kom toespreek oor die  Metaboliese Sindroom.  Die maatskappy is in 2002 gestig deur Marianne du Plessis, ‘n apteker, en Dr. Conrad Smit.

 

Metaboliese Sindroom verhoog jou kanse om hartsiektes en siektes soos beroerte op te doen.  Die sindroom verwys na die risiko’s in een persoon.

 

Navorsing oor hartsiektes is al in die 1950’s begin.  Daar is gevind dat dit oorerflik is en dat faktore soos gewig oor die middellyf, hoë bloeddruk, hoë suiker en hoë cholesterol daartoe bydra.  Vrouens se tellings is laer as mans  tot na die menopouse waarna vrouens se tellings mans sin verbysteek.

 

Sekere faktore kan nie verander word nie, soos bv ouderdom, maar ander wel soos byvoorbeeld stres moet verminder word, gesonde kos en oefening.

 

Indien daar 3 van die 5 faktore aanwesig is, het die persoon reeds metaboliese sindroom.

 

MNI se produkte is vir die voorkoming van hierdie toestand, maar ook om te help met die simptome en jou ‘n betere lewenskwaliteit te gee.  Dit kan van die mediese fondse verhaal word.  Dit kan gebruik word deur enige iemand ouer as 12 jaar. Mense wat reeds medikasie gebruik, moet net eers by hul dokter uitvind of dit in orde is.  Wanneer daar geeët word wanneer produkte geneem word, is daar geen newe-effekte nie.

 

 

MNI produkte b

Elke lid kon huis toe gaan met ‘n voorbeeld van een van MNI se produkte.

 

 

Lapwerk b

 

Dit was ook mini-skou op Moorreesburg en heelwat lede het daaraan deelgeneem. Daar was pragtige lapwerk, brei- en hekelwerk,  foto’s, gebak en versierde kolwyntjies.

 

 

Versierde koekies b