Sirkel: Tygerberg
Tak: Kuilsrivier
Portefeulje: Opvoeding
Beriggewer: Elmine Möller
Datum: 6 Mei 2015
Op 6 Mei 2015 tydens Kuilsrivier se Algemene Vergadering het Matrone Riekie van der Merwe, die matrone van die Andante Aftreeoord in Kuilsrivier, die dames kom toespreek oor die keuse van ‘n aftreeoord of ouetehuis. Sy het genoem wat die verskil is tussen ‘n privaat ontwikkeling en ‘n staatsinstansie en wat die kostes daaraan verbonde is. Alzheimer pasiënte kry ook ‘n hoër subsidie van die staat. Die meeste privaatinstansies aanvaar persone bo die ouderdom van 50 jaar. Daar is ook dienssentrums beskikbaar waar etes en mediese dienste voorsien word aan persone wat nog in hul eie huise woon.
Mev Marlene Frank (Opvoeding Sameroeper) bedank Mev. Riekie v.d. Merwe.
Mev. Blanche van Staaden lees haar prosastuk voor oor die Tandemuis.
Mev Martie Jordaan het die kompetisieartikels beoordeel en is deur Mev. Riana Botha bedank.
Leave A Comment