Sirkel: Kalahari
Portefeulje: Intertak
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 4 Mei 2015
Sirkel Kalahari het, met groot opgewondenheid, hul nuwe logo en banier bekend gestel wat ontwerp is deur Tanel du Toit van Graphic House.
Roos – omgee/liefde
Kameeldoringboom – Kalahari
Pienk – vroulik
Vaal en bruin – aards/opreg
Logo: Vroue met Visie
Is positief oor die verskil wat hul kan maak en bekommer hul nie oor dit wat hul nie kan doen nie.
Vroue met visie is ingestel op leer want hul weet dit kweek selfvertroue wat mense waagmoed gee om die deure van die lewe in afwagting oop te maak..
Sy weet dat die onbekende ‘n geleentheid is vir mense om meer van hulself te leer en hul vermoëns te ontdek.
Vroue met Visie konsentreer nie op swakhede nie, hul ontwikkel die positiewe.
Bessie Kriek by Sirkel Kalahari se nuwe banier
Die spreker was Lize Nieuwoudt, apteker en finalis in die Mevrou SA kompetisie. Sy beoog om ‘Boxes of hope’ by alle skuilings vir mishandelde vroue in Vryburg en omgewing te plaas en doen ‘n beroep op vrywilligers om hierby betrokke te raak.
By dié geleentheid is ‘n insiggewende inligtingsessie aangebied oor al die kompetisie-artikels vir 2016. Kundige persone uit die omgewing het wenke verskaf en lede is begeesterd om die nuwe uitdagings aan te pak.
Lize Nieuwoudt en Tersia Grobler, Sirkel Kalahari President
Tersia Grobler by die aanbieders Gezina Bruwer, Doris en Erika Linde, Annetjie Botha, Marietjie Steyn, Hannetjie Engelbrecht, Corlie van Zyl, Carien van den Berg en Nellie Viljoen
Leave A Comment