Sirkel:  Noordwes-Kaap
Tak:  Prieska
Portefeulje:  Gesondheid
Beriggewer: Erika Lubbe
Datum:  29 April 2015

 

 

JAN_5534

Oud en jonk het al geselsend en laggend gestap en dit terdeë geniet.

 

 

Lede van VLV Prieska, lede van die gemeenskap en leerders van die plaaslike skole het op 29 April om 17:00 die middag voor Prieska bymekaar gekom om saam te stap en so deel te kan hê in die wêreldwye    . R5 per persoon registrasiegeld is gevra en die bedrag van R500 is ingesamel. Die Voorsitter, Corrie Liebenberg, het kortliks vertel van die
Wêreldbond van Plattelandse Vroue se doelstellings, projekte, ledetal en verteenwoordiging in 72 lande dwarsoor die wêreld. Daarna het die stappers flink weggespring en ‘n roete deur die dorp gevolg. Die borg van die middag was die eienaar van Prieska Meubels, Kobus Etsebeth. Hy en Alexis Etsebeth, sy vrou en taksaamroeper van Gesondheid, het gesorg vir heerlike koue water en ook yskoue koeldrank. Kobus het ook die pragtige pienk hoedjies geborg.  Kobus en Alexis het regtig ‘n oop hand vir VLV Prieska en ook die gemeenskap!

 

 

JAN_5527

‘n Foto van die groep voor Prieska Meubels.

 

 

20150501_171935

Die pragtige hoedjies wat deur Kobus Etsebeth van Prieska Meubels geborg is.

 

 

JAN_5580
Van links na regs: Magda Beukes; Anneli van Deventer, Landi de Beer, die Visevoorsitter van VLV Prieska, en Alet van Heerden het met mening gestap.