Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Sirkelstap

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  28 April 2015

 

 

 

 

Op 28 April het 6 lede van Kuilsrivier en 2 besoekers saam gestap in Kirstenbosch Botaniese Tuine op die Sirkelstap van Sirkel Tygerberg.

 

 

DSC05049

V.l.n.r.:  Ghetha van Deventer (oud lid), Elmine Möller (voorsitter), Gerda v.d. Westhuysen, Ria Crause, Marlene Frank, Blanche van Staden en Marlene Lotz.  (Anton Frank het al begin aanstap)

 

 

DSC05055

 

 

Die staptog het begin in die Kanferlaan op pad na die ‘Boomslang’, die wandelbrug wat oor die boomtoppe gebou is, om ‘n pragtige uitsig oor die Kirstenbosch, die berg en sommer die hele stad te gee.

 

 

DSC05069

 

 

Daar is ‘n russtasie en uitkykpunt op die ‘Boomslang’ met ‘n pragtige uitsig en waar almal ‘n bietjie asem kon skep en die omgewing kon bewonder.

 

 

DSC05092

 

 

Op Kirstenbosch se ‘4×4 roete’  het Marlene Lotz, Gerda v.d. Westhuysen en Blonche v. Staden van klip tot klip gespring en pret gemaak.

 

Na die staptog het die mense wat nie ‘n piekniekmandjie gepak het nie, by een van die restaurante gaan tee drink.

 

Dit was ‘n wonderlike Herfdag en weer ‘n belewenis om Kirstenbosch se planteryk en natuurskoon te bewonder en geniet saam met mede VLV vriendinne.