Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum: 25 April 2015
Almal het hard gewerk het om van hierdie “Woman walk the world” ‘n sukses te maak. Die weer was mistig, maar het niemand gekeer om te stap teen die see by Dwarskersbos se strand of lekker te kuier met stalletjies vol geurige produkte.
Daar was bakkies poeding, bakkies kerrie en rys, ongeveer 220 pannekoeke, 4 potte sop, koffie, tee en koek en die marktafel wat heerlike gebak gelewer het. Daar is wors gebraai wat die geur van kermis mense van ooral genooi het.
Pieter Smit het met sy kleredrag vermaak en ander mans uitgedaag om ook te kom help by die stalletjies.
Die stap was heerlik met stywe spiere en mae was vol lekkernye geëet.
Leave A Comment