Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Victoria-Wes
Onderwerp: Kansa tee
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 25 April 2015
Alhoewel die langnaweek ‘n invloed op die aantal gaste gehad het, kon dit nie die dames se entoesiasme demp nie. Die tema vir die oggend was “Lewe” en na opening het me. Meriel Hugo, ‘n kanker oorwinnaar, ‘n kers aangesteek.
me. Elza Olivier (met kitaar) en haar susters lewer ‘n sang item
Gedigte, wat deur VLV-lede geskryf is en ook konferensie-pryswenners was, is aan die dames voorgelees. Mevrou Elma Visagie het ‘n (groen) loof rangskikking gemaak en die simboliek aan die gaste verduidelik. Tussendeur is sang items deur me. Elza Olivier, ‘n plaaslike leerkrag, en haar susters gelewer.
mevrou Visagie verduidelik die simboliek van die rangskikking aan die gaste
Na afloop van die program kon die gaste lekker saamkuier en tee en verversings geniet.
Leave A Comment