Sirkel: Noord Oos Kaap
Tak: Dordrecht
Portefeulje: Kuns en Handvlyt
Berrigewer: Marieka Bekker
Datum: 24 April 2015
Dames van die VLV tak Dordrecht het Donderdag 23 April ‘n kursus in Annie Sloane verftegnieke by Dienie Steenkamp se Dorpstal op Barkly Oos bygewoon. Dienie het die dames 6 verskillende tegnieke met ‘Chalk Paint’ geleer en toe kon elkeen ‘n raam maak met die tegnieke van haar keuse. Dit was ‘n baie lekker dag en almal is begeesterd om die tegnieke by die huis toe te pas.
Dordrecht Lede saam met Dienkie Steenkamp: Voor Links na agter: Effie Jonker, Anna van Niekerk, Dienkie Steenkamp, Lida Rossouw, Bertha Rossouw, Lenie Fourie
Dordrecht Lede wat die dag bygewoon het: Effie Jonker, Anna van Niekerk Lenie Fourie Agter: Lida Rossouw en Bertha Rossouw
Leave A Comment