Sirkel: Noord Karoo
Tak: Britstown
Portefeulje: Opvoeding en Openbare Sake
Beriggewer: Michelle Jansen van Rensburg
Datum: 22 April 2015
Ter ondersteuning van WBPV se “Women walk the world” het lede die Kambro Wandelroete vroeg die oggend voor VLV aangedurf.
Ideka Visser, sameroepster van Openbare Sake, het die program aangebied en o.a. die volgende onder die lede se aandag gebring.
Marieta Raath van die Britstown Uitreikdiens, het hul herwinningsprojek aan bekendgestel. Alhoewel die bekendstelling en opening van hierdie projek ‘n week gelede was, is daar reeds ‘n merkwaardige afname in die rommel op straat. Hulle het 3 mikpunte – om Britstown skoon te kry, elke deelnemer word volgens ‘n puntestelsel beloon vir sy rommel wat hy inhandig en daarmee kan hy sy punte verruil vir iets wat hy benodig – bv. seep, potlood, meel, ens en derdens dien dit as ‘n voedingstelsel – elke deelnemer kry iets om te eet.
E–waste is die herwinning van eleketriese en elektroniese toestelle. Elektriese en elektroniese afval is ‘n groter wordende probleem – wat maak ‘n mens bv. met ‘n ou selfoon? Alhoewel die grootse deel van hierdie toestelle herwinbaar is, is spesiale prosesse nodig om die gevaarlike materiaal in hierdie toestelle te verwyder omdat dit ‘n omgewingsrisiko inhou. Die mens sal ‘n kopskuif moet maak om anders te begin dink oor die afval wat daagliks gegenereer en weggegooi word.
Weet elkeen van die gevare wat daar in plastiek skuil? Ons wêreld het inderdaad plastiek geraak. Dit maak immers ons lewens makliker. Plastiek sakkies, houers, bottels, bababottels, speelgoed ……. Binne-in plastiek skuil die gevaar – BPA (Bisphenol A), DEHA en DEHP – kankerwekkers en hormoonontwrigters. Studies toon BPA , DEHA en DEHP word vrygestel van plastiek, veral wanneer dit weer op hul beurt blootgestel word aan hoë temperature (soos mikrogolwe, skottelgoedwassers en die son).
Hoe kan ‘n mens die daaglikse blootstelling aan die gevare wat in die plastiek skuil verminder?
- Leer onderskei tussen PETs en sy gevaarliker boeties, die PC’s en PVC’s. Daar is 7 klasse waarin plastiek verdeel kan word – vanaf # tot #7 Veral klas 3 en 7 is die onveiligste. Plastiekware van PET-plastiek (klas 1, 2 en 4) blyk die veiligste te wees.
- Vermy die verhitting van kos binne ‘n plastiek-verpakking
- Dit is dalk beter om plastiek-bottels slegs eenmalig te gebruik en heeltemal te vermy wanneer hul aan verhitting blootgestel was.
- Gebruik meer glas, aluminium, staal en keramiek
- Gebruik BPA-, DEHA – en DEHP-“vrye” plastiek produkte
Leave A Comment