Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 22 April 2015
 
Vir die Opvoeding en Kultuur-byeenkoms trek die dames iets van ‘n ander kultuur
aan.  Joan Mouton open met ‘n dagstukkie wat handel oor gawes wat ‘n mens moet gebruik.

 

 

22April 009 (Custom)

 

 

Die gasspreker is Sarel Eloff, ‘n berader,  van Citrusdal.  Sy praatjie handel oor dissipline en ouerskap.  Die lede deel hulle gedagtes rondom “buig die boompie terwyl hy nog jonk is”.  Kinders weet nie altyd hoe om op te tree nie, darem moet die  ouers/volwassenes altyd
‘n voorbeeld stel.  Die kinders moet meer geprys word oor goeie optrede en
bewus wees dat die Here nooit ophou om ons te buig soos klei nie.

 

 

22April 008 (Custom)

 

 

Sarel gee ‘n paar wenke rondom ouerskap:

 

 

Probeer altyd in ‘n veilige omgewing wees;
Daar moet altyd leergeleenthede wees, ouers moet beskikbaar wees;
Selfgeldende dissipline
Doen nodige aanpassings in huis opset as jul met ‘n gesin begin;
Realistiese verwagtinge rondom jou kinders;
Deelname in die gemeenskap.  Leer jou kind van sosialiseer;
Selfversorgende ouers.

 
Die dames sluit die middag af met ‘n heerlike koppie tee.