Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Petrusville

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Alta Waldeck

Datum:  21 April 2015

 

 

Wat is koolstofvoetspoor:  Dit is die effek van jou leefstyl op koolstofvlakke in die atmosfeer.  Dit is belangrik om dit te beheer want veroorsaak klimaatsverandering wat lei tot aardverwarming, vloede en droogtes.

 

Bertus vd Westhuizen (spreker) (Custom)

 

Die gevolg van die koolstofvoetspoor is die kweekhuiseffek. Te veel koolsuurgas word in die atmosfeer vrygestel en minder energie word teruggekaats in die atmosfeer. Dit vorm ‘n “kombers” wat die aarde warm hou.

 

Daar is ‘n geweldige styging jaarliks van koolsuurgas in die atmosfeer a.g.v. die moderne lewenstyl. Daarby styg die wêreldpopulasie met 10 000 per uur. Dit skep ‘n groot koolstofvoetspoor-probleem. Ryk lande dra die meeste by tot die probleem.

 

Paar wenke om jou koolstofvoetspoor te verklein:

 

  • Ry minder met kleiner voertuie
  • Spaar elektrisiteit
  • Verminder verpakkingsmateriaal
  • Verbou self groente en vrugte
  • Hersirkuleer
  • Gee voorkeur aan “groen”produkte
  • Koop meer vars binne-seisoen vrugte en groente