Sirkel:  Griekwaland Wes

Beriggewer:  Liezel Botha

Datum:  20 April 2015

 

Waar ‘n Maandag gewoonlik blou is, was dit vir Griekwaland Wes sirkel bestuur ’n heerlike dag vol beplanning en besprekings.

 

Die afgelope konferensie wat gehou was op 19 Maart 2015 te Postmasburg se haakplekke en kort paaie is bespreek. Die beplanning rondom die volgende konferensie is gedoen.

 

‘n Groot kopseer vir alle sirkels en takke is die feit dat takke se lede al minder word soos die ekonomie almal druk en werke al langer word. Die toestand van die land se paaie, veral grondpaaie, maak dat die ritte en bywoning  minder gebeur.  Planne is gemaak om jonger lede wat ingetrek of getroud is, te betrek.

 

Die verstedeliking van die platteland bied aan almal wat daar woon uitdagings, hetsy dit boerdery, besigheid of selfs die  VLV is.  Almal was dit eens…die VLV moet aan die gang gehou word ten alle koste.

 

IMG_0364 (Custom) (2)

Voor: Marie Jacobs, Elize Geldenhuys, Machel van Niekerk (nuwe sirkelpresident), Vonesse Gerber (uittredene sirkelpresident)

Staande: Sannie Barnard, Tersia van Zyl, Annemarie Storm, Amanda Duvenhage, Corrie van der Merwe, Liezel Botha, Lynette Noeth