Sirkel: Paarl

Portefeulje/Geleentheid:  Women walk the World

Beriggewer:  Annalise Loubser

Datum: 18 April 2015

 

 

IMG_0382 (Custom)

VLV-lede en gaste met Marinda Rall, Sirkelpresident (middel met band om)

 

 

Die lede van die vier VLV Paarl-takke asook Wellingtontak en ’n paar genooide gaste het opgeruk na Buffet Olive-plaas om die jaarlikse stap ten bate van die WBPV te doen. Getooi in pienk (vir kankerbewustheid), het die bykans 40 vroue plus ‘n man begin stap om 8:00 terwyl die windjie koud gewaai het. Die gesels en die stap op ‘n grondpad tussen die olyfbome het almal gou-gou warm gehad, in die lyf en in die hart!

 

 

IMG_0418 (Custom)

Baie pret en erg windverwaaid

 

 

Die fondse wat ingesamel is, word geskenk aan die WBPV wat dit aanwend vir armoedeprojekte.

 

 

IMG_0419 (Custom)

Mooi omgewing

 

 

Die aanwesiges wou nie agterna uitmekaar gaan nie en besluit toe om olywe te gaan koop by Olive Trust. Wat ‘n aangename verrassing tref hulle hier aan – ‘n olyf- en olie proe, aangebied deur ‘n passievolle mnr. John Scrimgeour wat, na sy werk as vlieënier, die pos as plaasbestuurder gekry het. Al was beurtkrag aan die gang, het dit nie gepla nie en die mense het aan sy lippe gehang. Hy was glad nie haastig nie en het volledig oor die olyf bedryf uitgebrei en ook ‘n proe van die verskeidenheid groen asook swart olywe, gevul en ongevul, aangebied. “Olyf produkte kan gebruik word tot omtrent ‘n jaar na die vervaldatum.”

 

 

Die lede wat nie die stap kon meemaak nie, het ’n baie aangename uitstappie misgeloop.

 

 

Hermien du Plessis, Voorsitter van Klein-Drakenstein tak, word bedank vir haar moeite om die interessante uitstappie te reël.

 

 

IMG_0416 (Custom)

Die dames van VLV Slot van die Paarl