Sirkel:  Middelland

Tak:  Rocklands

Portefeulje:  Openbare sake

Beriggewer:  Mari Hendriks en Elsabet Louw

Datum:  16 April 2015

 

18E223F7 (Custom)

 

Elsabet Louw het die dames vertel van haar verkragting in ‘n publieke toilet in Bloemfontein. Haar klere is van haar lyf afgeskeur en haar onderklere en denim broek is met ‘n mes van haar lyf afgesny. Sy is ook herhaaldelik deur haar gesig geklap. Die swartman wat in hegtenis geneem is daarna, het ook 4 ander vroue verkrag en 15jr tronkstraf gekry. Hy is egter in die tronk oorlede aan vigs. Elsabet het NIE die virus opgetel nie.

 

Die volgende is dit waarmee Elsabet nou, na die verkragting besig is, deur haarself geskryf:

 

Ek het die steungroepe 5 jaar terug gestig, en na 5 jaar is daar tans 329 groepe landswyd, en dit groei steeds.  (Daar is byvoorbeeld nie EEN
steungroep in PE nie. en ek wonder nog hoekom ons van Bloemfontein af hierheen moes verhuis!) Ek het namens die verkragtings ondersteuningsgroepe by die regering gevra vir:

– Swaarder strawwe aan al die verkragters in ons land.
– Eenrigtingglas vir die gebruik by die uitkenning van verkragters deur die verkragte vrou.
– Geld vir mediese eise en anti retrovirale middels vir alle verkragte vroue in SA.
Ek is tans besig met die motivering ens. in die groepe landswyd en tree dikwels by goepe op en lewer my getuienis wanneer ek genooi word.  Daar is iemand aangestel wat die administrasie van die steungroepe uit Pretoria hanteer.  Dit behels die uitbetaling van geld aan slagoffers vir
sielkundige- of psigiatriese dienste en anti retrovirale middels vir alle verkragte vroue.

 

Ek is ook tans besig om insette te lewer sodat ons landswette verander kan word ten gunste van verkragte vroue en kinders in SA.
Ek het ook ‘n ‘PANTY PROJEK’.  Ek samel geld in om broekies/panties landswyd aan die distrikgeneesheer se kantore te lewer.   Die verkragte vroue se broekies word gewoonlik tydens so  ‘n ondersoek na ‘n verkragting geneem vir forensiese getuienis.  Die verkragte vrou word dan huis toe gestuur na die ondersoek sonder ‘n broekie.

 

Alle eer aan die Here vir die manier hoe hy my daagliks gebruik in Sy diens!