Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Panorama

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Darena Anderson

Datum:  16 April 2015

 

011 (Custom)

 

Bobby Jutzen van Dementia SA het die dames kom toespreek oor Demensie en Alzheimers.

 

Hy het self ook sy vrou met die siekte versorg.  Ten spyte van al die hartseer rondom hierdie belewenis van hom het hy sy sin vir humor behou en dit op ‘n baie deernisvolle manier aan die lede deurgegee.  Die praatjie was baie opbouend en die lede kan dit heel moontlik nuttig in die toekoms gebruik om ander in te lig oor hierdie ernstige siekte wat aan die toeneem is wereldwyd. Dit kan ook gebeur dat hulself met die tyd hierdie inliting kan benut.

 

014 (Custom)

 

Almal het dit baie leersaam en interessant gevind.