Sirkel: Weskus
Tak: Piketberg
Portefeulje: Landbou
Beriggewer: Riana Richte
Datum: 15 April 2015
Op Woensdag, 15 April, het die VLV tak en Tuinbouklub gesamentlik vergader by Kaap Agri, Piketberg. Met planttyd in die tuin op hande, het Jan Tolken van PROTEK die dames ingelig oor grondvoorbereiding en plantvoeding, plae in en om die huis en in die tuin en plaagdoders vir die bestryding daarvan bekend gestel.
By dieselfde geleentheid is afskeid geneem van Frannie Botha, ‘n lid van beide verenigings. Sy en haar man, Jan, verhuis binnekort na Stilbaai. Frannie is ‘n voormalige voorsitter en bestuurslid van Piketberg tak. Haar VLV lidmaatskap is in 2002 vanaf die Paarl na Piketberg oorgeplaas. Lede het hul waardering uitgespreek teenoor die kwaliteit van haar leiding, diensbaarheid, vriendskap en omgee, en haar bedank vir die beskeie maar waardige wyse waarop sy haar gawes en vaardighede met ander gedeel het.
Leave A Comment