Sirkel:  NOK

Tak:  Jamestown

Portefeulje:  Leefstyl & Landbou

Beriggewer:  Antoinette van Pletzen

Datum:  15 April  2015

 

Hilda v/d Walt het vertel hoe om gebottelde produkte te maak. Die vrugte moenie te ryp of te groen wees nie. Koop appel pektien by apteke om kweperjellie reg te kry of toets ‘n lepelvol kweperjellie in spiritus om te bepaal hoeveel suiker bygevoeg moet word. Iets word sandsuiker omdat die suiker nie behoorlik opgelos het nie of dis te lank gekook. Maak suiker in die mikrogolfoond warm vóór jy dit byvoeg. Die verhouding tussen vrug en sap moet reg wees – nie te veel van die een nie. Vrugte skywe moet ewe groot wees – hou die “lelikes” vir die huis!  Die houer moet skoon en blink wees – dit kan in die mikrogolfoond (kook water in die houer vir 2 minute) of skottelgoedwasser gesteriliseer word. Moenie bottel vul met sap totdat dit oorloop nie – maak net tot 10 mm van bo af vol. Anders is die houer se bek baie taai en moeilik om weer oop te maak. Voor jy die lugblasies met ‘n mes laat uitkom, doop die mes eers in kookwater. Skep skuim met ‘n plastiese lepel af terwyl die mengsel nog warm is. Die houer moet lugdig verseël wees, behalwe in die geval van sappe, slaaisouse, piekels en mayonnaise. Die etiket met datum en inhoud daarop aangebring, moet 2 cm van onder af vasgeplak word.

 

 

DSCN0041 (Custom)

Hilda demonstreer met die spiritus terwyl Gerrie toekyk

 

 

Vervolgens het Gerrie Upton almal laat “speel” met Fondant waarmee die mooiste eetbare blommetjies en ander vormpies gemaak kan word met verskeie drukkertjies en vorms. Wit fondant word klaar gekoop, gebrei, en met “Gel Food Colour” gekleur. Almal is huis toe met ‘n verskeidenheid “kunswerke”.

 

 

DSCN0046 (Custom)

Voorbeelde v Gerrie se fondant-items

 

 

Daarna het die groepie vroue vertrek na die Pantry-Deli in Aliwal-Noord waar die 2 sussies, Lizelle &   Nicolette Smit, en hul ma Elsabé, almal ingewag het met ‘n liplekker ete, STERK koffie en BITTER sjokolade!   Lizelle het eers baie interessante inligting oor koffie gedeel. Koffie is ontdek toe monnike in Ethiopië opgelet het hoe ‘n sekere pienk bessie waaraan hul bokke gesmul het, die diere heelwat meer energiek gelaat het.  Die monnike het dit self probeer, maar a.g.v. die teleurstellende smaak, dit in die vuur weggegooi. ‘n Unieke aroma het die lug gevul en daar is besluit om die pitte in water te kook. Só ontstaan die ikoniese koffie drankie toe!

 

 

Koffie verhoog die dopamien vlakke in die brein, wat jou gelukkiger maak en jou bui verbeter. Die kafeïen in koffie laat jou vinniger dink en ook inligting behou. ‘n Koffie breek verbeter jou werksverrigting en verhoog jou geestelike welsyn. Studies het bewys dat koffie verskeie kankers, breinsiektes, diabetes en hartkwale kan help voorkom. Die antioksidante in koffie verhoog lewenslus en energievlakke.

 

 

Wetenskaplikes het al meer as 800 aromatiese komponente in koffie ontdek. Naas ru-olie is koffie die grootste handelskommoditeit ter wêreld en die koffieboom se lewensduur is 60-70 jaar. Koffie plante word in meer as 70 lande verbou, hoofsaaklik in Suid-Amerika, Suid-Asië, die Maledive en in Afrika. Brasilië vervaardig 40% van die wêreld se koffie. Swart koffie sonder suiker bevat geen kalorieë nie. Daar word 40 koffiebone benodig om een espresso te maak, terwyl een koffieboom minder as ‘n halwe kilogram koffie per jaar voorsien.

 

 

DSCN0051 (Custom)

Lizelle Smit vertel van koffie en sjokolade, terwyl Lucia Lieberum aandagtig luister.

 

 

Daarna het Lizelle die dames vertel van sjokolade. Elkeen het ‘n blokkie van verskillende soorte donker sjokolade gekry om middeldeur te byt en te suig. Sodoende is ‘n skatkis van smake ontdek! Van White Lemon Verbena, tot Lindt se Karamel & Seesout, en ten slotte 95% Kakao! Sjokolade se kakaobome is inheems aan Suid-Amerika. Die vrug word geoes, die boontjies binne-in gefermenteer en gemaal tot ‘n suiwer sjokolade-vloeistof. Dié vloeistof word dan geskei in kakao en kakao-botter. Albei word in donker sjokolade gebruik, maar die verhouding verskil van produk tot produk.  Kakao is baie ryk aan magnesium, kalium, koper en yster. Die meeste vet in die kakaoboontjie is egter “neutraal” – dus nie “slegte” vet wat jou cholesterol opjaag nie. Daar word altyd op verpakkings van gehalte-sjokolade aangedui wat die persentasie kakao is – hoe hoër, hoe beter. Maar jy betaal vir gehalte, en daarom is goeie donker sjokolade gewoonlik duurder as minder gesonde sjokolade. Plaaslike Sjokolade-vervaardigers sluit in Cocoa Fair en Honest Chocolate, beide in die Kaap, asook Marionette’s Chocolates in Knysna.

 

 

Dark chocolate has more cocoa and less sugar than other chocolates; so it is considered healthier than milk chocolate. Dark chocolate contains lots of antioxidants that help the cardiovascular system by reducing blood pressure. Eating dark chocolate widens arteries and promotes healthy blood flow that can prevent the build-up of plaque that can block arteries; and eating dark chocolate every day reduces the risk of heart disease by 1/3. Flavonoids found in cocoa products have antioxidant, anti-inflammatory, anti-clotting effects that can reduce the risk of diabetes by improving insulin sensitivity. The smell of chocolate increases theta brain waves, which trigger relaxation.