Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 15 April 2015
Die vergadering op 15 April 2015 word in die Aberdeen Klubsaal gehou. Die openings praatjie fokus op vrede en vertroue – ‘n innige verhouding met Christus stel ons in staat om op positiewe dinge te fokus en op Hom te vertrou. Sy belofte is om ons dan Sy vrede te gee wat alle menslike verstand te bowe gaan. Daar word eers op meer ernstige sake gefokus met terugvoer vanaf die Sirkel Middelland konferensie en ander VLV Sake deur voorsitter Lea van der Vyver. Stephanie van Zyl wen die gelukkige trekking wat deur Lize de Jager oorhandig word.
Lize de Jager en Stephanie van Zyl (Lootjie)
Daarna begin die pret met die versier van kolwyntjies deur elkeen teenwoordig – Suzann Lategan maak lede touwys, demonstreer verskillende tegnieke en gee raad.
Voorbereidings vir Kolwyntjieversiering
Vlnr. Suzann Lategan, Jean Watermeyer, Heidi Lombard, Lize de Jager, Annalie Lategan, ‘n gas
Jadré Lategan demonstreer ook haar Brother Scan & Cut masjien waarmee allerhande artikels gesny en gemaak kan word om jou huis te versier en op te kikker.
Scan& Cut Demonstrasie (Scan Cut)
Vlnr. Anchen van Schalkwyk, Suzann Lategan, Stephanie van Zyl, Annalie Lategan, Lize de Jager
Voor: Jadré Lategan
Die vergadering sluit onder groot gelag af met mode nostalgie, waar sommige lede kledingstukke wys wat hulle jare gelede gedra het.
Jadré Lategan wys haar 1ste jean
Lize de Jager wys haar gunsteling rokkie
Leave A Comment