Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  1 April 2015

 

 

Op 1 April 2015 het Mnr Riyaad Omar van ESKOM die tak kom toespreek oor die besparing van elektrisiteit in die huishouding.

 

 

Van die wenke wat hy gedeel het is:

 

Stort i.p.v. bad en vervang die stortkop met ‘n energiebesparende een.

 

Staafverwarmers gebruik die meeste krag.  Gebruik liefs ‘n olieverwarmer of stel die lugreëling tussen 21 – 23ºC.

 

Skakel elektriese apparate by die muurprop af en trek die selfoonlaaier uit, want dit gebruik steeds bystandskrag wanneer nie in gebruik nie.

 

‘n Yskas gebruik min krag, maar vervang die rubbers, indien foutief, want dit gebruik meer krag indien die deur nie dig seël nie.

 

Die geyser gebruik 40% van die huishouding se krag.  Stel die termostaat op 60ºC en isoleer die pype.

‘n Tydskakelaar bespaar ook krag, want as die geyser slegs 2 ure per dag aan is, bly die water warm genoeg, veral in die somer, totdat dit weer aanskakel.

 

Vervang gloeilanpe met kragbesparende lampe of LED lampies – dit is baie meer ekonomies.

 

Gebruik ‘n drukkoker en ‘n hooisak om voedsel gaar te maak.

 

Hou die gordyne toe.  Koeler in die Somer en warmer in die Winter.

 

Elektriese apparate met ‘n element gebruik die meeste krag – probeer om dit so spaarsamig moontlik te gebruik.

 

 

IMG_5098

Mev. Susan Olivier, sameroeper Openbare sake het Mnr. Riyaad Omar bedank.

 

 

IMG_5099

Die beoordelaar, Sirkelpresedent van Sirkel Tygerberg, Mev. Caro Ekermans, het nuttige wenke aangaande die kompetisieartikels gedeel en is bedank deur Mev. Elma Prins.

 

 

IMG_5100

Mev. Marianne Smit het as herwinningswenk verduidelik hoe om ‘n oulike geskenkdosie uit ‘n papierbord te maak.