Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Landbou&Tuinbou

Beriggewer: Hermien van Zyl

Datum: 31 Maart 2015

 

 

“Ons as volwassenes moet waak daarteen om vir jongmense slegs sukses voor te hou as die belangrikste doelwit in die lewe. Genoegdoening, vreugde moet die belangrikste aansporing wees, of dit is om skool te gaan, om te werk of om die wete te hê dat die resultaat waarde toevoeg.”

 

DSCN3345 (Custom)

 

Hierdie wyse woorde van Albert Einstein was seker voorop in die gedagtes van die saal vol toehoorders toe Jeannie Hayward en Anita Meyer, koördineerders van die Bolandprojek van die Cape Leopard Trust, by die VLV se Landbou&Tuinbou-vergadering oor hulle navorsing gepraat het. Met hierdie vergadering sou die klem val op luiperds as probleemdiere, maar hierdie twee MSc (Soölogie)-navorsers met hulle liefde vir die groot katte, het bewys hoe hulle probeer om die mens-dier konflik te bestuur aan die hand van hulle bevindings en so daartoe bydra om hierdie lieflike skugter diere van uitwissing te red.

 

Meer as 80 lede en gaste het vasgenael gesit en kyk na die verstommende foto’s wat deur voorafopgestelde kameras in die berge vanaf die Kamiesberge in Namakwaland tot by die Kogelberge wat uittroon bo Kleinmond en Bettysbaai, geneem is. En op kamera kon die gehoor ook kennis maak met Scott, die pragtige mannetjie wat in die onmiddellike bergomgewing die septer swaai. Hierdie kameras word opgestel in vooraf geïdentifiseerde loopplekke van die luiperds, en dit word bepaal deur krapmerke aan bome, reste van prooi en voetspore. Tegnologie is ‘n groot hulpmiddel deurdat alle kameras nou digitaal is en luiperds toegerus kan word met GPS-nekbande om hulle bewegings veral in die bergagtige gebiede te monitor. Ander diere kom ook in die kameras se visier soos hierdie rooikat.

 

DSCN3332 (Custom)

 

Die gasvroue van die middag het almal serpe met ‘n luiperdvelmotief gedra.

 

DSCN3356 (Custom)

 

V.l.n.r. Heelagter staan Ria Coetzee, Anita Steenkamp en Elsabè Smit,

In die middel staan Brenda Neethling, Essie Groenewald, Martie Swart, Joyce Botha, Alet Fourie en Hermien van Zyl (taksaamroeper vir Landbou&Tuinbou) met Jeanne Hayward en Anita Meyer van die CLT wat voor hurk. Sybil Morkel en Marietjie van Vuuren was afwesig.

 

DSCN3327 (Custom)

 

Met die oog op die naderende Paastyd het Stef Liebenberg sy baie besondere musiekitem laat aansluit by die gebeure in Jerusalem en op Golgota. Hy het ‘n voorlesing van die kruistog en opstanding treffend beklemtoon met paslike klavierspel, o.a. “Daar was ‘n houtkruis”. Die verhoograngskikking het die prentjie voltooi.