Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 23 Maart 2015
Op 23 Maart 2015 woon die Aberdeen VLV Blue Magnolia Kwekery in Graaff-Reinet se oggend oor Organiese Eetbare Tuinbou by. Die boodskap waarmee die praatjie afskop is dat jy jou hart vir die hemel oopmaak wanneer jy tuinmaak. In ‘n tuin gaan alles oor verhoudings – tussen grond, water, insekte en die ondergrondse netwerk. Organiese tuinbou is om die natuur toe te laat om sy gang te gaan. Na die praatjies word onder die bome gekuier, na plante gekyk en middagete geniet.
Agter vlnr: Suzann Lategan, Linda van der Merwe, Annalie Lategan, Lea van der Vyver, Annalize Lategan
Middel vlnr: Elna van Niekerk, Karin Pienaar, Stephanie van Zyl, Lize de Jager
Voor vlnr: Jadré Lategan, Heidi Lombard
Leave A Comment