Sirkel:   Middelland

Tak:   Willowmore

Portefeulje:  Opvoeding

Beriggewer:  Riëtte Fourie

Datum:  21 Maart 2015

 

 

Estelle Gouws van Klipplaat is die gasspreker en praat  oor geloof en vertroue op ons Here. Sy vertel hoeveel krag, liefde en genade sy ontvang het met haar man se siekte en heengaan. Sy het ‘n duidelike boodskap oor die radio gekry dat God van haar weet en vir haar sal sorg. Jy moet God op sy beloftes neem en Hom in alles vertrou. God het sy eie tyd. Sy gee aanhalings uit die Bybel dat God ons nooit sal verlaat of in die steek laat nie. Ons moet net glo en vertrou.

 

IMG_0008 (Custom)

Marie Nortje, Anneke Lötter, (Sameroeper Gesondheid), Evelene Barnard

 

Riëtte Fourie gee wenke oor beplanning vir die vrou: Is jou testament op datum? Het jy ‘n betroubare finansiële adviseur? Weet jy waar jul dokumente is. Wat van my na my man se afsterwe? Is daar genoeg geld vir ‘n begrafnis en om voort te gaan en kan ek tussentydse uitgawes betaal?. Elke vrou moet haar eie bankrekening hê.

 

IMG_0014 (Custom)

Nellie Rademeyer, Anneke Lötter, Zelda van Heerden, Aletta Payne, Annatjie du Preez, Gem van der Bergh

 

As deel van die VLVK projek, Raak Plaaslik harte, word 8 gebreide kombersies uitgedeel.

 

IMG_0019 (Custom)

Estelle Gouws, Riëtte Fourie (Sameroeper Opvoeding)