Sirkel: Suid-Ooskus
Tak: Loerie
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Hester Marx
Datum: 19 Maart 2015
Trevor en Christelle Clarke wys die dames hoe min hulle werklik van selfverdediging weet en gee talle wenke.
Heel eerste laat die Heilige Gees jou beskermer wees. Moet ook nie daardie gevoel dat alles nie pluis is, ignoreer nie. Ken jou huis en omgewing en verwyder daardie digte struike. Sorg dat jy ‘n veilige plek in jou huis het waarheen jy kan vlug.
Weet hoe om jou pepersproei-kannetjie of -pistool te gebruik. Oefen daarmee en so ook met jou vuurwapen.
Onthou, ‘n kierie of skryfpen kan as wapen gebruik word.
Christelle en Trevor demonstreer ook hoe om jou arm, hand, vinger en knie as effektiewe wapens te gebruik.
Trevor Clarke kyk hoe Henry Grobler haarself teen Petro Steenkamp verdedig
Joyce Puttergill is gereed om Christelle Clarke aan te val. Hester Marais wag in spanning.
Leave A Comment