Sirkel:  Overberg

Tak:  Gansbaai

Portefeulje:  Konferensie

Datum:  18 Maart 2015

 

 

gansbaai5 (Custom)

 

 

Gansbaai VLV tak het met hul onlangse  2 maand  vergaderings,  die vooreg gehad om vir Tannie Christie Groenewald, voormalige beoordelaar van die tak, gehad om  hulle te kom wys hoe outydse kombuis toebehore gewerk het. Daar was ‘n pragtige uitstalling van al die ou toerusting. Pastoor Zeelie het die lede kom inlig oor hulle betrokkenheid by die gee van kos vir minder bevooregtes, bou van huise in die informele gebied Beverly Hills, kleuter skool wat begin is en vele ander projekte. Gansbaai VLV lede is ook betrokke by van die projekte, onder andere, die kook van kos vir die Elim huis in Gansbaai waar daar so plus minus 18 gestremde kinders, die dagskool bywoon.

 

 

gansbaai6 (Custom)

 

 

Overberg Sirkel  konferensie, wat gehou is te Caledon, is afgesluit met die uitdeel van die trofeë.  Gansbaai Tak het die volgende trofeë met trots ontvang: Die Konsul Beker vir Gebottel,(Marianna van Rensburg 1ste ), Die Mona Human Trofeë vir Handvlyt, en vir die 2de agtereen volgende jaar die Presidents Trofeë. Baie geluk aan Betsie Bester vir haar naaldwerk inskrywing wat 1ste prys behaal het, Ronel de Villiers vir haar spesiale prys toekenning vir haar handvlyt artikel (ook  die 2de agtereenvolgende jaar) en Alida Stander vir haar 2de prys in handvlyt.

 

 

gansbaai3 (Custom)

 

 

Die Gansbaai VLV tak wil me Rienie Lüdick Voorsitter van die Gansbaai Tak, hartlik gelukwens met haar verkiesing as Sirkel-president.  Hulle is baie trots op haar en wens haar alle voorspoed toe met hierdie belangrike taak wat op haar wag.  Hulle het alle vertroue in haar en weet sy sal ‘n sukses daarvan maak. Beide die Visiepresident Corrie Fourie en die Sekretarese/Tesourier Nonnie de Bod woon in die Gansbaai gebied.

 

 

gansbaai2 (Custom)