Sirkel: Kimberley en distrik
Tak: Douglas
Portefeulje: Geen – Paasfees
Beriggewer: Hanneke Botha
Datum: 17 Maart 2015
Douglas skop die vergadering af met terugvoering van die konferensie wat plaasgevind het te Hartswater. Die tak tak het die algehele 2de plek behaal. Hulle het trofeë vir die meeste inskrywings en die tak wat die meeste gegroei (nuwe lede) het, ontvang.
Vandag is daar geen sprekers nie, want die dames maak Paasfees kaartjies met aartappel drukwerk. Dit is ‘n prettige en goedkoop manier om kreatief te wees en almal het dit vreeslik geniet.
Na afloop van die vergadering geniet hulle tee en verversings.
Leave A Comment