Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Petrusville
Potefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Alta Waldeck
Datum: 17 Maart 2015
Dis onmoontlik om een plan vir Grondhervorming in Suid-Afrika te hê wat sal werk. Alle landelike inwoners moet bemagtig word om hul eie toekoms te skep. Dit vereis ‘n weldeurdagte en geïmplimenteerde bedeling om ‘n stabiele en lewensvatbare lanboubedryf te vestig. Die landboubedryf moenie apaties staan teenoor grondhervorming nie, maar moet ‘n leidende rol speel.
Om volhoubare grondhervorming te verseker, is die opheffing van plaaswerkers en plaaswerkersgemeenskappe noodsaaklik. Voorstelle hiervoor moet voldoen aan die grondwet en die realiteite erken. Bevorder onafhanklikheid van staatsondersteuning en benut openbare vennootskappe. Grondhervormingsvoorstelle moet erkenning gee aan diversiteit van verskillende streke. Goeie leierskap op plaaslike vlak is baie belangrik. Restitusie op landbougrond hou risiko’s in vir volhoubare landbouproduksie.
Model vir grondhervorming:
- Aandeelskemas
- Saamboer-modelle
- Uitbreiding van loodsprojekte
Implementeer strukture:
- Stig distrikskomitee wat betrokke is by identifikasie van grond en grondbegustigdes
- Ondersteuning van en toesig oor grondhervormings-inisiatiewe
Databank:
- Omvattende en toeganklike databasis
- Op datum-inligting
Oorsig en implementering:
Onafhanklike liggaam nodig om toepassingsmoontlikhede te evalueer.
Seleksie van begustigdes:
Moet gerugsteun word deur opleiding en boere uit kommunale gebiede moet ook toegang tot opleiding hê.
Beperking van grondbesit:
Negatiewe impak reeds uitgewys. Kan nie plafon op vooruitgang plaas nie,, stimuleer dit eerder.
Reg van eerste weiering:
As grond in mark is, het regering eerste keuse. Tegniese toepassingsvereistes moet voldoen aan aanvaarbaarheid. As alles in plek is, sal dit markwaardes beskerm.
Sosiaal-maatskaplike oorwegings:
- Verblyfsekerheid vir plaaswerkers
- Moenie produksie benadeel nie
- Moedig werkskepping aan
Leave A Comment