Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  12 Maart 2015

 

 

2 Kunstenaars (Custom)

Lede, soos kunstenaars aangetrek paradeer:  vlnr: Hessie Kühl, Louwna Hoving, Hester Burger, Eleanore Grobbelaar, Lariska Verster, Marianna Coetzee, Adriana van Heerder (wenner), Mareza Martin, Zabetha Albertyn, Johanna Rheeder, Milda Lambrechts, Hedwig Schoch, Joey Koen

 

 

1 Aanbieder (Custom)

Lariska Verster leer lede om te decoupage.

 

 

‘n Decoupage-demonstrasie gehou. Die lede het soos kunstenaars aangetrek en is beoordeel.  Die twee beoordelaars, Gretha Cronje en Kathy du Plessis, sowel as die dame wat die demonstrasie gehou het, was so geïnspireerd deur die vergadering dat hulle sommer as lede aangesluit het.  Willemien Burger, wat as konferensiebesoeker saamgegaan het, het ook aangesluit.  Al vier die jong lede is ‘n inspuiting vir ons (die jongste een is 24).  Wie’t gesê die VLV is net ‘n klomp ou tannies!

 

 

3 Nuwe lede (Custom)

Vier nuwe lede ontvang kentekens:  vlnr: Gretha Cronje, Lydia Liebenberg (Visevoorsitter), Kathy du Plessis, Lariskan Verster, Willemien Burger

 

 

Louna van der Westhuyzen laat haar ook nie deur ‘n voetoperasie onderkry nie.  Sy het twee dae, nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, die vergadering met ‘n rolstoel bygewoon, ingeskryf vir kompetisies en nog haar produkte by ‘n marktafel ook beman!

 

 

4  (Custom)

Getroue lid:  Louna van der Westhuyzen