Sirkel: Tygerberg
Tak: Panorama
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Darena Anderson
Datum: 12 Maart 2015
Martin Steyn, die skrywer van die boeke Donkerspoor en Skuldig, het die lede kom toespreek rondom die navorsing wat hy gedoen het met die skryf van die boeke.
Op universiteit was Martin se hoofvakke sielkunde en kriminologie. Na sy honneurs het hy Suid Afrikaanse reeksmoordenaars en geweldsmisdade bestudeer en sewe ware misdaadverhale aan die ‘Crime Library’, ‘n ‘Court TV’-webwerf, verkoop.
Dit was verblydend om te sien dat soveel van die lede se eggenote ook hierdie besondere aand bygewoon het. Een van die lede, Mirika Thiart, het ook haar verjaardag gevier.
Dit was ‘n baie lekker aand – dankie dat julle my genooi het!