Sirkel:  Paarl

Portefeulje:  Konferensie

Beriggewer:  Annalise Loubser

Datum:  12 Maart 2015

 

 

paarl1 (Custom)

Hester Smit (voorsitter Suider-Paarl, gasvroutak), Liz-Marie Schoombee en Hein Koegelenberg (sprekers), Marinda Rall (sirkelpresident), Anra Visser (item), Monica Geldenhuys (vise-president), Jean Rosenstein (tesourier) en Berta Spangenberg (sekretaris)

 

 

Die tema van die gasvroutak, Suider-Paarl, ‘Die lewe is ‘n lied, my Valentyn’, en die tema van VLVK, Vroue met visie, sorg vir ‘n pragtig versierde saal vir die 75 aanwesiges by Rusticana, Klapmuts.

 

 

Ds Kriek stel aan die dames dat die lewe ‘n lied is as jy bo die omstandighede is en nie onder die omstandighede nie! Habakuk sê tog “…nogtans sal ek in die Here jubel..”; dit is dus ‘n keuse hoe jy jou omstandighede sien. Ek moet voluit lewe totdat die Here my kom haal en besef dat ek nuttig is vir die samelewing.

 

paarl2 (Custom)

Huidige en vorige sirkelpresidente Myna van der Spuy, Steffie Brink, Marinda Rall en Beulah Oberholster

 

 

In haar jaarverslag sê Marinda Rall, Sirkelpresident, dat die afgelope jaar ‘n feestelike, vol en suksesvolle VLV-jaar was met die 85-jarige viering van VLVK, David Davidson van Chelsea faam as spreker by die Sirkeldag, verskeie projekte wat suksesvol aangepak is en takke wat hulle kant op alle terreinne gebring het. Die sirkel spog met 36 nuwe lede en 71% van die lede is rekenaarvaardig. Sy wens elke tak ‘n suksesvolle 2015 toe en “Moenie hoop verloor nie. Selfs die son beleef aan die einde van die dag ‘n insinking, maar môre skyn hy weer met nuwe prag”!

 

 

Mnr Hein Koegelenberg, gasspreker, noem twee vroue in sy lewe wat visie het nl sy ma en sy vrou, Hannalie Rupert Koegelenberg. Sy ma het vir hulle waardes en kultuur geleer. Die gesin moet weer terugkom na ‘n gedekte tafel en saam eet. In die Jode-kultuur begin die kinders al van 13/14 jarige ouderdom debatteer met die res van die familie om die tafel. Dit is nie net die kerk se plig om die omgewing te help verander nie, maar ook besighede en daar vind jy vandag al meer vroue in die bestuur. Ons sal moet aanpas in die wêreld waarin ons lewe as ons ‘n verskil wil maak. Ons visie sal baie skerp moet wees.

 

 

Die dames het ook by Liz-Marie Schoombee, museumvoorligter by La Motte, gehoor dat hulle die museum na die dorp en die mense neem, want deesdae is daar lae hoeveelheid besoekers by die museums. Hulle vra voortdurend ‘Hoekom doen jy dit?’, ‘Vir wie doen jy dit?’ en ‘Wat wil jy bereik?’

 

Aanbiedings deur die saamroepers:

Landbou:         Ons leer dat Salies maklik gekweek word van steggies. ‘n Steggie moet nie ‘n blom aanhê nie, net 3 blaartjies aan die bopunt en met die steeltjie in hormoonpoeier gedruk, word dit redelik diep geplant. Die oorsprong van ‘ring a ring a rosy…’ is skokkend.

 

Naaldwerk:      ‘n Demonstrasie volg met omtrent 30 verskillende hoede. ‘n Dame dra ‘n hoed wanneer sy spesiaal wil lyk en voel en wanneer sy ‘n besondere funksie bywoon.

 

Opvoeding en kultuur:  ‘n Mens het verskillende soorte vriende nl jou pappotvriend (lekker rustige maat), melkpotjievriend (kook maklik oor – skinder), drukkokervriend (bekwame leier wat talle take vinniger en beter kan doen), dubbelkastrolvriend (iemand wat nie op sy eie kan funksioneer nie) en die panvriend (oop, vriendelik mens wat altyd ‘n lang arm uitsteek om te kan help). Almal saam in jou ‘pottelaai’ berei ‘n wonderlike maal!

 

Tuisteskepping: Kokkedoorkok, Matilda Venter, demonstreer lae GI kekerertjieslaai met boontjiespriete in wat baie kalsium en vitamien B bevat. Slaai moet aptytwekkend wees en mooi. Gebruik bestanddele op nuwe maniere bv komkommerlinte ipv ringetjies.

 

Kuns en Handvlyt: Die olieverfskildery vir 2016 se kompetisie word stap vir stap verduidelik.

 

Openbare Sake: Toets die gehoor met interessante vrae bv waar en wanneer het rugby ontstaan?, wie het die eerste hartoorplanting gedoen? en vele ander.

 

Gesondheid: Uitstalling van Kansa. Moenie waarskuwingstekens verontagsaam nie!

 

Anra Visser en Hugo Nieuwoudt lewer items met ♪‘Love changes everything’, ‘Katjiepiering’ en ‘Neem my op vlerke’♪.

 

paarl4 (Custom)

Saamroepers wat baie hard werk met Konferensie – Regina Neethling (naaldwerk), Aletta Keyser (tuisteskepping) en June Smit (kuns en handvlyt, blomme)

 

Bekerwenners:

 

Borduurwerk                                                   Berta Spangenberg, Suider-Paarl

Masjienwerk                                                    Beppie Altintepi, Wellington

Breiwerk                                                         Lulu Malherbe, Klein Drakenstein

Hekelwerk                                                       Lulu Malherbe, Klein Drakenstein

Weefwerk                                                       Bets Heine, Stellenbosch

Blombeker                                                       Marie Cronje

Meeste punte gebak                                        Wellington

Kookkuns: lekkers en preservering                 Suider-Paarl

Kuns en Handvlyt                                           Wellington

Fatti’s & Monis (algeheel beste tak)               Wellington

Tip top takbeker                                              Malmesbury

 

paarl3 (Custom)

Bekerwenners – Marie Cronje (blomme), Hildegard du Plessis (weef), Hermien du Plessis (breiwerk en hekelwerk), Marinda Rall (sirkelpresident), Berta Spangenberg (borduur), Hester Smit (kookkuns, Suider-Paarl), Beppi Altintepi (naaldwerk en gebak, Wellington) en voor Karin Barnard (kuns en handvlyt en Fatti’s & Monis-trofee, Wellington)

 

 

Organisasie:

 

**Die tesourier, Jean Rosenstein, word onbestrede herkies.

**Drie nuwe saamroepers word gekies nl Karen Barnard (Gesondheid), Steffi Brink (Naaldwerk) en Gonni du Plessis (Openbare Sake).

 

paarl (Custom)

Mia Louw (voorsitter Malmesbury Tip top tak), Marinda Rall, Karin Barnard(voorsitter Wellington, algeheel beste tak)

 

Visie sonder aksie is dagdrome, maar aksie sonder visie is nagmerries”.