Sirkel: Sirkel Middelland

Portefeulje:  Konferensieverslag 2015

Beriggewer:  Marlene Erasmus

Datum: 11 en 12 Maart 2015

 

 

middeland2 (Custom)

 

Die 81ste Konferensie van Sirkel Middelland is vanjaar in Steytlerville gehou op 11 en 12 Maart 2015 met die tema:  Vroue met Visie.

Ds. Eben Fourie het die verrigtinge geopen en lees uit Gen 2:18. Hy sê dat vrouens lewende legendes is. Hulle speel hul rol as vrou elke dag voluit in die harte van hul families en hul gemeenskap.

 

Dr. Koos van der Merwe was die gasspreker en lees ook van sy gedigte aan ons voor. Hy verwys in sy toespraak na Martha en Maria in Lukas 10 en dat elkeen ‘n verskillende visie gehad het. Ons as vrouens moet Jesus sien as ons een groot visie, dan sal alles anders in plek val. Ons moet ‘n Maria visie hê, dan sal ons ‘n beter Martha wees. Hoe meer geestelik jou visie is, hoe meer liefdevol sal jou lewe wees.

 

middeland1 (Custom)

 

Groete boodskappe is ook oorgedra deur die Burgemeester van die Baviaans Munisipaliteit, mnr. Ewald Looch;  mnr. Danie Bezuidenhout, Raadslid van Baviaans Munisipaliteit, mev. Annette Deyzel, vorige Sirkelpresident en mnr. Martin Dorfling, Algemene Raadslid Agri- Ooskaap en Steytlerville Landbouvereniging..

 

In haar Presidentsrede noem mev. Lynette Martin, Sirkelpresident, dat indien jy ‘n Vrou is met Visie jy die volgende moet aangryp: Do not seek praise.  Seek criticism; Knowledge comes from the past – it is also out of date and the opposite of originality; Experience is the opposite of being creative; If you are good enough, you are old enough; being right all the time is also being boring; it is wrong to be right, because people who are ALWAYs right are rooted in the past, rigid-minded, dull and smug. “There is nothing that is a more certain sign of insanity than to do the same thing over and over and expect the results to be different”. Einstein.

 

Ander sprekers:

Mnr. Martin Dorfling: Grondhervorming en hoe die proses werk.

Mnr. Riaan Bezuidenhout, Ou Mutual – Die rol van die vrou in die familie besigheid.

Me Soemien Jordaan, oogkundige van Graaff Reinet – Oorsake van degenerasie  en algemene gesondheidsorg van ons oë.

 

Saamroepers:

Mev. Marietjie van der Walt gebruik die Sirkelbestuur om ‘n paar idiome uit te beeld en die afgevaardigdes moes raai wat dit is. Sy verduidelik ook die herkoms en betekenis van elke idioom.

Me. Jackie Barnardt, Leefstylsaamroeper, maak gebruik van ‘n Power Point-aanbieding om vir die dames te wys hoe om met fondant te werk. Sy stal pragtige voorbeelde van blommetjies en ander versierings wat sy self gemaak het uit. Sy wys ook vir die dames verskillende vormpies en gereedskap wat in die handel beskikbaar is.

Mev. Aneen de Jongh demonstreer die maak en gebruik van allerhande vlaggies – bunting. Jy kan letterlik enige materiaal, van hout, papier en weefstof gebruik om dit te maak en dit kan enige plek opgehang word as versiering.

 

middeland4 (Custom)

Wilna Nelson, Takvoorsitter, Koos van der Merwe, Openingspreker, en Lynette Martin, Sirkelpresident

 

Tydens die aandfunksie in ‘n pragtig versierde skousaal, het dr Koos van der Merwe weer opgetree en almal het sy sang baie geniet. Daarna kon die gaste die heerlike ete geniet wat deur Steytlerville voorgesit is.

 

middelland (Custom)

 

Op die tweede dag open Rev. Roy Newton die Konferensie. Hy lees uit Jakobus 1:26. We must control our tongues. We must realise that our words have consequences and what we say may stick with the hearer for a long time. Words have the power to direct others, devastate people and display who we are inside.

Mev. Martin doen verslag oor die Sirkel se werksaamhede van die afgelope jaar. Sy noem al die projekte wat die takke aangepak het, al die Intertak- en verjaardag byeenkomste wat aangebied is, al die organisasies wat ondersteun is en die goeie werk wat die Takke in hul gemeenskappe gedoen het.

Die prysuitdeling is deur mev. Jackie Barnardt waargeneem en mev. Lucia Dorfling het die pryse oorhandig. Die nuutgestigte tak, Carpe Diem (voorheen Uitenhage-oggend), het met die louere  weggestap, met VLV Alexandria  tweede en VLV Despatch in die derde plek.

Dit was ‘n baie geslaagde en leersame Konferensie. Dit was puik gereël en een en almal het dit baie geniet. Almal is nou weer vol entoesiasme om die nuwe jaar aan te pak as Vroue met Visie.

 

 

middeland3 (Custom)

Van links:  Aneen de Jongh saam met Susan Viljoen, Blommebeoordelaar en Mara Deyzel van Steytlerville

 

 

middeland5 (Custom)

Moniques Büchner, Sirkeltesourier, Elize Herholdt en Estie Hudson, afgevaardigdes van VLV Malmaison