Sirkel: Tygerberg
Tak: Kuilsrivier
Portefeulje: Takprojek
Beriggewer: Elmine Möller
Datum: 11 Maart 2015
VLV Kuilsrivier se Takprojek vir 2015 is die Alta Du Toitskool vir kinders met leergstremdheid in Kuilsrivier. Die lede samel deur die kwartaal verskillende artikels in om aan die kinders se behoeftes te voorsien.
Daar word byvoorbeeld skryfbehoeftes, toiletware, artikels vir handwerkprojekte, nie-bederfbare kos en klerasie (om vir behoeftige leerders huistoe te stuur gedurende die vakansie) benodig.
Die skool doen ook op groot maat herwinning en maak gebruiksartikels uit allerhande weggooi artikels.
Op 11 Maart 2015 het Elmine Möller (Voorsitter) verskeie artikels wat deur die lede geskenk is aan Hermene van Niekerk van Alta du Toitskool oorhandig. Van die leerders het kom hand bysit om alles in te dra.
Die projek gaan aan gedurende die jaar en artikels gaan elke kwartaal aan die skool oorhandig word om betyds te wees vir die kospakkies wat aan behoeftige leerders gegee word om huis toe te neem.
Die lede beoog ook om die skool te gaan besoek later in die jaar.
Die onderste foto is die Naaldwerk sameroeper van Kuilsrivier, Mev Jo Geyer, wat op 11 Maart ’15, ‘n praatjie gegee het oor Kwilts en haar eie kwilts vertoon het.