Sirkel:  Kalahari

Beriggewer:  Nellie Viljoen

Portefeulje:  Konferensie

Datum:  11 Maart 2015

 

 

Tydens VLV Sirkel Kalahari se konferensie op Kuruman het  JJ van Rensburg van Garden World as spreker opgetree. Tuinmaak word as die grootste stokperdjie beskou en die fokus val tans op goedkoper plante met minder werk en lae onderhoud. Paddas en naaldekokers gee ‘n goeie aanduiding van ‘n goeie ekologiese balans in die natuur aangesien hulle baie gevoelig is vir besoedeling of vergiftiging. Gifstowwe moet oordeelkundig gebruik word. Effektiewe mikrobes en diatome is uiters doeltreffend om plantgroei te bevorder.

 

Nuwe tendense in tuinmaak is die benutting van beperkte spasies, ‘square foot gardening’ of vertikale tuinmaak. Dit is belangrik dat kennis met agtergeblewe gemeenskappe gedeel moet word. Kweek ook ‘n liefde vir tuinmaak by kinders.

 

Die lewensafrigter van Kuruman,Yolandi Strydom, het die tema ‘Vroue met visie’ aangespreek. Sy help mense om weer ‘n lus vir die lewe te ontwikkel. Elke persoon het potensiaal, dit hang van jouself af wat jy daarmee gaan doen. Elkeen is ‘n kosbare pêrel vir die Vader. Wat is in jou reissak vir die lewe? Het jy ‘n padkaart om jou op koers te hou?

 

Tersia Grobler is verkies as sirkelpresident in die plek van Carien van den Berg.

 

Met die kompetisies het lede weereens gewys wat in hulle steek. Die wenners was as volg: Reivilo: Corlie van Zyl  borduurwerk, Jane McLellan tatting en Amanda van Staden skilderkuns. Vryburg: Nellie Viljoen  gebottel, hekelwerk en sterlid. Mimosa: Helmine Haasbroek  gebak en blomme beginners. Piet Plessis: Sonia van Rensburg masjienwerk en Ina van Tonder breiwerk. Kuruman: Marinda Stander blomme gevorderd en Janet West fotografie en letterkunde.

Op takvlak het Reivilo die meeste punte behaal met Vryburg tweede en Piet Plessis derde. Kuruman verower trofeë vir takreaksie en stertak en Vryburg vir die beste reklame en finansiële verslag.

 

kalahari (Custom)

Marianne Vorster van Kuruman, JJ van Rensburg en Carien van den Berg, sirkelpresident

 

kalahari1 (Custom)

Carien van den Berg, Yolandi Strydom en Tersia Grobler, nuutverkose sirkelpresident

 

kalahari2 (Custom)

Annetjie Botha, sirkelsaamroeper, by Corlie van Zyl van Reivilo, tak met meeste punte, meeste inskrywings en ledewerwing

 

kalahari3 (Custom)

Sirkelbestuur: Tersia Grobler, Carien vd Berg, Petro Spangenberg , Nellie Viljoen, Martie Eloff, Corlie van Zyl, Biffie de Wet, Helmine Haasbroek, Marietjie Steyn, Annetjie Botha, Marianne Vorster, Hannetjie Engelbrecht.