Sirkel: Weskus
Tak: Graafwater
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Maritha de Klerk
Datum: 10 Maart 2015
Op 10 Maart 2015 het Sersant Jaco Smit en Riaan Bester van Vredendal SAPS se dwelmtak die VLV tak van Graafwater toegespreek oor dwelms. Daar is drie van die bekendste dwelms behandel en newe effekte word ook bespreek.
Dagga word van die plant Cannabis Sativa gemaak. Die blare, blompunte en pitte word verwerk . Dit word gerook in ‘n pyp, bottelkop of sigaret. 1Gram dagga kos R1.
Mandrax is die handelsnaam van ‘n kalmeermiddel. Dit kom voor in ‘n pil vorm wat fyn gedruk word. Word gerook deur ‘n “witpyp” asook saam met dagga deur ‘n bottelnek. 1 pil kos R60.
Tik se hoofbestanddeel is efedrien (Skedule 6 medisyne wat slegs op voorskrif verkry kan word). Dit is die mees verwoestende dwelm ooit. Kom in poeier of kristalvorm voor. Kan gerook, gesnuif, gedrink of gespuit word. Word verkoop in ‘n strooitjie of plastieksakkie. Word gerook deur ‘n gloeilamp of “’n Lollie”. ‘n Sakkie van .3gram kos R30. Die vergadering is oopgestel vir vrae en baie vrae is gevra en beantwoord.
Van links na regs: Sersant Jaco Smit, Hanli van Zyl (sameroepster), Riaan Bester en Claudie Lintvelt (voorsitter)
Leave A Comment