Sirkel:  Tygerberg
Tak:  Goodwood
Portefeulje:  Opvoeding
Beriggewer:  Alet Colyn
Datum:  10 Maart 2015

Annemarie Heydenrych, ‘n leefstylkonsultant van ‘n plaaslike aftree-oord, Panorama Palms, het die lede kom vertel wat die oord alles bied.  Persone bo die ouderdom van 50 jaar kan geakkomodeer
word.  Die personeel sorg dat die inwoners ‘n vol lewe lei.  Mense van verskeie instansies kom lewer praatjies en daar is o.a. ook ‘n fiksheidsinstrukteur en ‘n goed-toegeruste biblioteek.  Die versorgingsafdeling beskik oor ‘n gespesialiseerde dimensie-afdeling en die oord bied ook aan mense die geleentheid om so lank as moontlik onafhanklik te bly.  Troeteldiere is welkom.  Sodoende doen hulle ook hulle leuse gestand, nl. “‘n Aftreestyl met Gemoedsrus”.

 

goodwood3 (Custom)

Annemarie Heydenrych van Panorama Palms, Hanna Albertyn (sameroeper) en Simone Bastiaanse van George & Annie Starck Homes.

 
Simone Bastiaanse het die lede kom inlig oor wat die George & Annie Starck Homes bied.  Dit is die tweede oudste tehuis in die Kaapprovinsie en staan ook bekend as ‘n “Dream Village”.  Daar is o.a.
10 huise wat elk 10 inwoners asook ‘n huismoeder huisves om sodoende ‘n “familie” te skep.  Daar word baie groepsaktiwiteite vir die inwoners aangebied o.a. brei en kuns.  Die tehuis beskik ook oor ‘n biblioteek en elke Donderdag vind daar ‘n diens in die kapel plaas. Dit is ook ‘n diere-vriendelike oord en het vir Buddy, ‘n Golden Retriever, aangeskaf vir terapie.  Hierdie plek is bekend vir sy
pragtige tuine – ‘n ware lushof!

goodwood4 (Custom)

Goodwood presteer op die konferensie – trofees vir 2de meeste punte
(groottotaal), ledewerwing en groottotaal preservering.