Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Stellenberg

Portefeulje:  Konferensie

Beriggewer:  Annelene Olivier

Datum:  5 Maart 2015

 

Stellenberg het weereens by die afgelope Konferensie die Herwinningstrofeë vir die 8ste agtereenvolgende jaar gewen met slegs 1 onderbreking in 2011.

 

stellenberg1 (Custom)

Op die foto is takvoorsitter Leonore Ward links,  wie die trofeë ontvang vanaf Jessie Sandilands-Nel (erelid van Goodwoodtak wie reeds 71 jaar lid van VLVK is).

 

stellenberg3 (Custom)

Die fotografie-trofeë is gewen deur Elfrieda Auret, taklid en ook sirkelsameroeper vir Kunste en Handvlyt.

 

stellenberg4 (Custom) (2)                                                              stellenberg5 (Custom)

Elza Eksteen het 2de prys verower met haar vetplantjietuin in die Landbou-afdeling en Martie Jordaan 3de plek met haar Piouterkruis.

 

Stellenbergtak het ook ‘n 3de plek gekry vir die potloodskets, 2de plek vir Woordkuns asook 2de en 3de plek vir die Piouterkruis.

 

Daar was ‘n 2de plek elk vir Masjienwerk en Mikrogolf-gebak en ‘n 3de plek vir Preservering.

 

Stellenberg Vonkelvriendinne was 4de in die groottotaal.