Sirkel: Tygerberg
Digter: Marietjie Albrecht
Datum: 5 Maart 2015
Ds Andre Reineke vertel:
Debora Palm, vrou van Lapidot,
Só bekend maar steeds onberoemd
Trek op saam met Barak in opdrag van God
Om aan die hardnekkige vyand die nodige te doen.
So, kom dan vroue met n visie
Leer by Debora—sy was op God se missie.
Marlene Lotz (Kuilsrivier), wenner van Blomme Intermediér.
Zanthea Limberg from the mayor’s office
Didn’t come to share their coffers!
But instead congratulated the WAA
For empowering, supporting and connecting
To women all over the world per se.
Anti-discrimination, gender mainstreaming, access
to basic services and basic tools are a right to all!
An order not small, instead quite tall.
Thank you City of Cape Town, no-one can bring a woman with vision to a fall.
Elfrieda Auret (Stellenberg) wat die beste foto ingeskryf het.
Elize Parker sê Vroue met n Visie
Maak voorsiening deur n blinde vertroue
Op dié God wat vrede skenk wat jy nie kies nie.
Só bly jou koninkryksvisie altyd behoue.
Verlies bring ‘n nuwe seisoen van hoop
Dié seën is baie groter as waarvan jy was getroop.
Tussen my en my visie is vergifnis ‘n nood.
Die vrede daarna is verligtend groot.
Raak ontslae van al jou vrees
En leef soos God wil hê jy moet wees.
Geloof, gebed en gehoorsaamheid is jou 3G saak
Om jou visie sonder vrees te vervolmaak.
Wenda Preuss (Voorsitter van Goodwood) met haar tak se trofee vir Preservering.
Andre Conradie is ‘n smurfie
Wie se pad ek nie sommer maklik wil kruis nie.
Dankie, mnr verkeersman, vir al jou wenke
Veral die oor ‘n tweede selfoon en jammer sê!
Toe prikkel jy so wrintag ons denke
En nou wil elkeen ‘n sertifikaatjie hê.
Elaine Duvenage (Sameroeper vir Naaldwerk), Jessie Sandilands-Nel, Ester de Bruyn (Voorsitter) met die trofee wat Durbanville gewen het vir die meeste punte in Naaldwerk.
Dr Scoombie was eers baie, nou’s hy min
O ja, dis toe banting waarmee hy toe eindelik het gewin.
Lae koolhidrate, medium protiëne en matige goeie vette
Is die antwoord as jy is effens gesette.
Geen suiker hou jou insulien laag
Daarom kan jy maar al die vetjies waag.
Die dieët is vinnig, volhoubaar en vol vitamine
En jy verloor die kilogramme by die tiene.
Elmine Möller (Sameroeper van Leefstyl), Jessie Sandilands-Nel, Maretha Bester ( Voorsitter, Parow) wat die trofee vir gebak deel.
Wat ‘n luisterryke fees vir die oor
Deur Ricka Booysen en Christiaan van der Merwe
Dankie dat jul so met klanke kan toor
En dan nog ook die dames se harte kan vermurwe.
Marietjie Albrecht met die beker wat Panorama wat die beker vir die klein tak met die meeste punte gewen het.
Louis Blom is sinoniem met kuns en kultuur
En Eisteddfod is waar ons kinders hul talente vervolmaak.
Dis vanwaar Renaldo na ons is gestuur
Om ons harte te raak met sy passie vir die saak.
Ester de Bruyn (Voorsitter). Durbanville is die tak met die meeste punte.
Hiermee sê ons dankie aan ons gasheer, Goodwood
Vir ‘n konferensie uit die boonste rakke.
Die lokaal, die geskenke, die kos en soetgoed
Was waarlik ‘n fees waar liggaam en gees gevul is op alle vlakke.
Maudé Joubert (Kuilsrivier) ontvang haar 65 jr diensknopie van Sirkelpresident Caro Ekermans.
Leave A Comment