Sirkel:  Middelland

Tak:  Willowmore

Portefeulje:  Landbou

Beriggewer:  Jackie Barnardt

Datum:     4 Maart 2015

 

Willowmore besoek die pragtige gebied van Waboomskraal. Dit is geleë tussen die Swart- en die Outeniquaberge en 20 minute se ry vanaf George. Dit is die enigste plek in die land waar Hop verbou word en daar is slegs 8 Hopboere. Die hopplant is ’n kruidagtige, meerjarige, regsdraaiende slingerplant—waarvan die enigste belangrike kommersiële nut is om in die maak van bier gebruik te word. Dit ter wille van die bitterheid en om as ’n natuurlike perserveermiddel te dien. Die plant kan tien tot twintig jaar lewe.

 

willowmore1 (Custom)

 

In die vroeë lente stoot die plant nuwe lote uit, wat tot nege meter lank kan word, maar in die herfs sterf die hopplant terug na die risoom wat goed teen die winterkoue bestand is. Tussen Februarie en Maart is dit oestyd.

 

willowmore2 (Custom)

 
Hop (dis nou die blomkegels van die hopplant) word in ’n hopoond gedroog voordat dit in die brouproses gebruik word. Die verbouing van Hop is ook baie arbeidsintensief.

 

willowmore (Custom) (2)

 

Die dames besoek ook ‘n blomplaas en die Oppie Plaas trou Venue in Waboomskraal.

 

willowmore3 (Custom)