Sirkel: Kaapstad
Tak: Strand
Portefeulje: Konferensie
Beriggewer: Annemarie Skibbe
Datum: 4 Februarie 2015
VLV Strand het die Sirkelkonferensie op 4 Februarie 2015 aangebied. Almal was in rep en roer en die Voorsitter, Maretha Badenhorst, het ongesteld geraak, maar omdat sy alles vooraf gereël het kon sy die leisels aan Leta du Preez oorgee en het die wiele goed geolie geloop.
Elkeen het sy pligte nagekom en saam met die ander takke die Konferensie geniet. Mev. Rina Kotze het weereens bewys waarom sy eenparig verkies is vir nog ‘n termyn. Al die verrigtinge is foutloos afgehandel en die dames kan terug kyk op ‘n baie geslaagde Konferensie.
Die items deur Alida Kruger en Leana Lourens het baie byval gevind asook die Demonstrasies deur Benbel en Deeghuis.
Strand tak het weereens bewys dat hulle baie ywerige en bekwame lede in hul midde het en het die volgende bekers en trofeë gewen:
Tak met grootste ledetalgroei – Deel met Milnerton
Tak met beste bywoning
KOMPETISIES:
LEEFSTYL – GEBAK: (5)
Gebak: Annaleze Sieberhagen
Gisgebak: Annaleze Sieberhagen
Preservering: Annaleze Sieberhagen
Lekkers: Annaleze Sieberhagen
Tak met Hoogste Totaal
LEEFSTYL – NAALDWERK: (4)
Breiwerk: Rina Grobler
Borduurwerk: Marie Bester
Wisseltrofee: Annette Stander
Tak met 2de Hoogste Totaal
LANDBOU EN TUINBOU: (1)
Varing: Adéle Burger
KUNS EN HANDVLYT: (5)
Woordkuns: Irene Myburgh
Handvlyt: Pewter. Annemarie Skibbe
Fotografie: Leta du Preez
Skilderkuns: Wilhelmien le Roux
Tak met Hoogste Totaal
Beste artikel by konferensie: Foto – Leta
Beste naaldwerkartikel by konferensie: Annette Stander & Rina Grobler
TOTAAL: 19
Leave A Comment