Sirkel: Kaapstad
Beriggewer: Erna De Waal en Audrey du Toit
Gebeurlikheid: Konferensie 2015
Datum: 4 Maart 2015
Mevv. Rita Franszen,Helena Bresler en Arvida Lincoln was die eregaste.
‘n Uiters geslaagde en goed-georganiseerde Sirkelkonferensie is op 4 Maart 2015 deur die Strand Tak aangebied. Al ses Takke van die Sirkel was verteenwoordig, asook die Sirkelsaamroepers, met uitsondering van die Saamroeper vir Gesondheid, Mev. M. Badenhorst ook Voorsitter van die Tak, wat ongelukkig ongesteld was. Met die opening was een van die vlagdraers Strand se oudste lid, Mev. Arvida Lincoln. Sy is reeds 70 jaar lid van dié Tak en is nog baie betrokke by al die bedrywighede.
Mevv. Audrey du Toit(Sekretaris), Rina Kotzé(Sirkel President), Sietie Barnard(Tesourier) en Erna de Waal(Vise President)
Die Sirkelpresident, Mev. M.C. Kotzé, het verslag gedoen oor hoe die dames die uitdaging “Verskuif jou Grense” aangepak het deur om te sien na die gemeenskappe in hulle omgewing en om geleenthede vir vroue te verbreed. Hulle maak ook goeie vordering met rekenaargeletterdheid in al die Takke. Tot groot vreugde is Mev. M.C. Kotzé eenparig herkies as Sirkelpresident vir ‘n verdere ampstermyn. Ons wens haar ‘n voorspoedige en suksesvolle termyn toe.
The guest speaker, Dr. Emily Olivier, a child art therapist, explained the difference between practising art for creating something beautiful and the discipline of extracting meaning from it by discovering why the child is doing it. All art is a way of communicating and the therapist can therefore discover the child’s need.
By means of a puppet show the Education Convener was able to instruct the audience on cell-phone etiquette and demonstrate the do’s and don’ts in the use of this indispensable modern-day tool.
Strand Tak was weereens ver voor op die puntelys van die kompetisies en het die meeste trofeë ingepalm, insluitend die beste artikel by die Konferensie. Hottentots-Holland Tak het geskitter met hul Naaldwerk trofeë. Dit was bemoedigend om soveel deelname aan kompetisies by hierdie Konferensie te hê.
Kathleen Christensen, Alida Watson en Elizabeth Sim
Die keurige ete en tee wat die gasvroutak voorgesit het, het bygedra tot ‘n genotvolle en gesellige dag.
Leave A Comment